Pasteie laat kinderhuisharte warm klop
Na weke van vertraagde befondsing wat die kombuis benadeel het, was die kinders verheug om met 'n pastei bederf te word.
Varsgebakte pasteie elke dag, maar dit is nie al wat dié pastei-onderneming uniek maak nie.
Big Joe’s Pies is ‘n splinternuwe onderneming wat onlangs sy deure by die nuwe Valley View Retail-sentrum in Noordheuwel geopen het. Die onderneming bak daagliks vars pasteie en dié wat oorbly, word gevries en dan een maal per maand aan ‘n niewinsgewende organisasie geskenk wat dit broodnodig het.
Die eerste maand het Meloni Lucas, die franchisehouer, 120 pasteie aan The Bethany House Trust, ‘n bekende kinderhuis in Krugersdorp geskenk.
“Na weke van vertraagde befondsing wat die kombuis benadeel het, was die kinders verheug om met ‘n pastei bederf te word,” het die Operasionele Bestuurder, Janet Davidson gesê.
Die veilige hawe laat die mishandelde, weggooi- en verwaarloosde kinders waarvoor hulle sorg, welkom en veilig voel.
Die tehuis bedank graag vir Meloni vir die groot bydrae en ook die verskil wat hulle in die klein hartjies gemaak het.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
