Editor's choiceLocal newsNews

Klere, skoene, liefde en kos vir die hele dorp!

Hope for the Future se Sakke vol Liefde-projek is 'n groot sukses. Meer as 50 gesinne gaan daarby baat.

Twee barmhartige Krugersdorpers het onlangs vir die gemeenskap gevra om klere en skoene te skenk sodat behoeftige inwoners dié winter nie koud hoef te kry nie.

Na 40 dae van swartsakaflewerings, insamelings per motor en ‘Kaapse draaie’ het Yolandi Coetzee Pestana en Madre Botha genoeg klere vir meer as 50 gesinne in Krugersdorp.

Yolandi Coetzee Pestana en Madre Botha op die voorstoep vol klere.

Die projek het in Maart afgeskop en gemeenskapslede is uitgedaag om vir 40 dae lank elke dag een item in ‘n swartsak te plaas. Die swartsakke sou aan die einde van die 40 dae gehaal word, die inhoud sou gesorteer word en aan behoeftiges uitgedeel word.

Lees ook: Over 200 teddies for Project Hope

Na die 40 dae was Yolandi en Madre oorweldig deur die groot hoeveelheid klere wat gemeenskapslede vir hulle gebring het.

Yolandi se huis in Luipaardsvlei is propvol klere en sy kan amper nie haar voorstoep gebruik nie omdat die sakke by die deur uitpeul.

Yolandi Coetzee Pestana en Madre Botha sit tussen honderde stelle klere en skoene wat hulle aan 50 families in Krugersdorp gaan gee.

Yolandi en Madre gebruik nou hulle Facebook-blad Hope for the Future, om hul begunstigdes te laat weet dat hulle stelle klere en benodighede by haar huis kan gaan haal.

Hul Facebook-‘bedelblad’ het onlangs meer as 1 000 lede bygekry en is tans ‘n baie populêre gesels- en liefdadigheidsgroep. Die vroue aanvaar geen geld as donasie nie, maar vra eerder die gemeenskap om niebederfbare produkte, kospakkies en enige ander bruikbare goedere aan minderbevoorregte gemeenskapslede te skenk.

Vir meer inligting of om betrokke te raak, besoek hulle Facebook-blad Hope for the Future West Rand of skakel Yolandi by 062 748 4657 of Madre by 078 676 9760.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button