Agt kankeroorlewendes gaan hul harte uitdans
Tydens die funksie gaan die vroue wys dat kanker oorwin kan word.
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) en Fred Astaire gaan in Junie weer ‘n skouspelagtige dansgeleentheid op die planke bring. Dit is ‘n jaarlikse fondsinsamelingsprojek ten bate van Cansa.
Cansa en die plaaslike dansskool gaan by die sprokieslokaal Avianto weer vir agt vroue wat kanker oorleef het, die geleentheid gee om hul talente op die dansvloer ten toon te stel.
Fred Astaire het agt vroue met borskanker geïndentifiseer en hulle word deur hul instrukteurs afgerig.
Tydens die funksie gaan die vroue hul harte uitdans en aan die wêreld wys dat kanker oorwin kan word en dat dit mens nie verhoed om te leef nie.
Die vroue, wat onderskeidelik in Roodepoort, Krugersdorp, Alberton, Pretoria en Northcliff woon, word daardie dag heerlike bederf. Hul hare, grimering en naels word ook gedoen.
Die publiek word genooi om hierdie vroue op 4 Junie te kom ondersteun. Die koste van die geleentheid is R350 per persoon wat ‘n heerlike high tea insluit.
Belangstellendes kan kaartjies vir hierdie spesiale geleentheid by Ester Pretorius koop. Kontak haar by 011 768 4342 of epos epretorius@cansa.org.za.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
