Dozi kom kuier by Suiderlig Kerk
Daar gaan alles wees wat mens by 'n kermis raakloop ... maar ook 'n tikkie ekstra om jou lekker besig te hou.
Dis weer daardie tyd van die jaar – wanneer Suiderlig Kerk hulle kermis vir die gemeenskap aanbied.
En om die kersie op die koek te plaas – Dozi gaan optree!
Die kermis, wat op 2 Junie om 12-uur afskop, beloof om weer een van die jaar se hoogtepunte te wees.
Daar gaan alles wees wat mens by ‘n kermis raakloop … maar ook ‘n tikkie ekstra om jou lekker besig te hou.
Vir die laaste paar jaar is daar oor die 10 000 pannekoeke by die kermis gebak en elke jaar vermeerder die getal!
Dozi gaan vanaf 7nm die gehoor bekoor met sy rasperstem en beste van als is, daar is geen toegangsgelde nie.
Vir meer inligting oor die kermis, skakel gerus vir Annelie by 083 679 2162.
Die kerk is op die hoek van Herbertlaan en Gouldstraat in Krugersdorp-Wes geleë.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
