Editor's choiceLocal newsNews

Inwoners verloor al hul besittings in huisbrand

Die oorsaak van die brand is tans onbekend.

‘n Gesin se lewe is Woensdag (31 Mei 2017) omstreeks 10vm onherroeplik verander toe ‘n brand in hul huis uitgebreek het.

Die huis was in vlamme gehul. Foto ingestuur.

Die plaaslike brandweer, Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en ‘n ambulans is na die toneel ontbied en die paaie om die brandende huis is gesluit. Die brandweer was binne minute op die toneel en het die brand onder beheer gebring.

Lees ook: Brand laat inwoners in Kobie Krigestraat dakloos

‘n Omstander het aan die News vertel dat die huis in vlamme gehul en reeds ontruim was toe die nodige hulp opgedaag het. Die huisbewoners het egter al hulle besittings verloor.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Geen beserings is aangemeld nie, behalwe een persoon wat vir rookinaseming behandel moes word. Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Indien daar gemeenskapslede is wat die gesin kan help, skakel gerus Sektor 5 se GPF by 072 782 9354.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button