Editor's choiceLocal newsNews

VF Plus vra inwoners dorp om saam te staanteen geweld teen vroue en kinders

Ten spyte van Suid-Afrika se omvattende wetgewing wat ook deur internasionale wetgewing ondersteun word, word dit swak toegepas.

Misdaad teen vroue en kinders sal eers drasties verminder wanneer die gemeenskap, regering, nieregeringsorganisasies asook die sakesektor saamstaan om dié euwel uit te roei.

Tjaart Steenkamp, VF Plus-raadslid en burgemeesterkomiteelid vir Mogale City, het onlangs afgevaardigdes by ‘n veiligheid-imbizo in die dorp toegespreek. Die imbizo is deur die Onderwysdepartement se Gauteng-Wes Distrikkantoor gereël na aanleiding van onlangse moorde, ontvoerings en mensehandel in die omgewing.

“Toegewyde samewerking deur regeringsdepartemente, akademiese navorsers, nieregeringsorganisasies, finansiële ondersteuningsinstansies en die media is ‘n absolute vereiste om die kommerwekkende verskynsel die hoof te bied.”

Ten spyte van Suid-Afrika se omvattende wetgewing wat ook deur internasionale wetgewing ondersteun word en die regte van vroue en kinders beskerm, word dit swak toegepas. Die verantwoordelikheid om geweld teen vroue uit te wis, is nou aan die vrou self oorgelaat deurdat sy glo ‘bemagtig’ word, het Steenkamp gesê.

“Die oorsaak van dié tipe misdaad kan eerder toegeskryf word aan die stigma van onderdanigheid wat aan vroue toegeken is, gesinsgedragspatrone, alkohol- en dwelmmisbruik, gesinsgeweld en seksuele misbruik van vroue en kinders. Die integriteit van vroue word doodeenvoudig nie gerespekteer nie.

“Munisipaliteite moet ‘n belangrike rol speel in effektiewe polisiëring om te sorg dat gemeenskappe beveilig word. Mogale City, soos baie ander dorpe en stede, het ‘n toename in wetteloosheid soos dronkbestuur en spoedoortredings, en hierdeur plaas die oortreder die lewens van ander in sy hande.

“Die dorp se openbareveiligheid-departement gaan nie net hul beste lewer om misdaad vas te vat nie maar ook om die Mogale City gebied sover moontlik misdaadvry te maak,” het hy gesê.

Steenkamp het inwoners van die Mogale City munisipale gebied uitgenooi om hande te vat om so die dorp ‘n veiliger plek te maak om in te woon.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button