Karavaanparkopsigter Irene van Niekerk oorlede
Die voormalige Kroningspark-karavaanparkinwoner is in Leratong Hospitaal oorlede.
Die News het onlangs verneem van die alombekende Irene van Niekerk se afsterwe. Sy is op 4 Augustus in Leratong Hospitaal oorlede nadat sy glo reeds twee maande lank siek was.
Irene en haar man, Hugo, was die opsigters van die Kroningspark-woonwapark wat in Desember 2014 deur die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit gesluit is.

Die Van Niekerks het na hul uitsetting saam met sowat 100 ander woonwaparkinwoners in Munsieville gaan woon en die kamp Pangoville genoem.
Die News het Hugo genader vir kommentaar oor sy vrou se dood maar is in kennis gestel dat hy tans nie beskikbaar is nie weens die begrafnisreëlings wat getref moet word.
Die News wens die Van Niekerk-gesin sterkte toe in hierdie hartseer tyd.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
