Editor's choiceLocal newsNews

Koppies klingel vir ‘n goeie doel

Ongeveer 120 vroue het bymekaar gekom om die oggend ten bate van Cradle of Hope saam te geniet.

Met pienk kolwyntjies, soet ystervarkies en sterk tee was die jaarlikse Damesoggend ten bate van The Cradle of Hope weereens ‘n reuse sukses danksy die vrywillige harte van sterk vroue.

Ongeveer 120 vroue, insluitend Mev Afrika, Adele de Beer, het by NG Kerk Suiderlig bymekaar gekom om Saterdagoggend, 5 Augustus saam te geniet.

Cherney Spangenberg, Madelein Claassens, Cerealia Spangenberg en Esme Alberts van die ‘Vintage’-tafel geniet hul verversings. Foto: Alanicka Lotriet.

Tydens die geleentheid het motiveringspreker Rudy Hudson talle vroue weer moed ingepraat en herinner aan alles waartoe hulle in staat is. Ander gaskunstenaars het ingesluit Tiro en Henry van Dyk wat die gehoor behoorlik bekoor het met van hul bekendste treffers.

Die saal was opgetooi met 20 tafels wat elkeen uniek volgens ‘n tema versier was wat die gasvroue vir hul onderskeie tafels gekies het.

Rina de Clercq geniet ‘n lekker koppie tee. Foto: Alanicka Lotriet.

Onder die temas was Vintage, Alice in Wonderland en Everything Pastel en die gasvroue het baie moeite gedoen om te verseker dat die dekor, kos en eetgerei by die tema aansluit en die prentjie vir hul gaste voltooi.

Elke vrou wat deel was van die damesoggend is bemagtig en daaraan herinner dat elkeen van hulle ‘n verskil kan maak in die wêreld.

Melodie von Brakel het ‘n fees. Foto: Alanicka Lotriet.

“Ek is so dankbaar dat soveel vroue ons vanjaar weer kon ondersteun. Dit was ook vreeslik spesiaal om te kon sien hoe elke vrou in die saal bemagtig word.

Die hele geleentheid was regtig ongelooflik,” het Melodie von Brakel, stigter van Cradle of Hope vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button