Vriende vir meer as 75 jaar kuier weer saam
Tannie Hillie Pretorius en oom Manie Duvenage – beide 96 jaar oud – het onlangs weer hul vriendskapsbande verstewig nadat hulle mekaar lank nie gesien het nie.
Sielkundiges glo dat wanneer ‘n vriendskap die sewejaarmerk oorskry, dié verhouding waarskynlik ‘n leeftyd sal hou.
Die stelling is as 100-persent waar bewys deur twee goeie vriende wat meer as 75 jaar van vriendskap vier.
Tannie Hillie Pretorius en oom Manie Duvenage – beide 96 jaar oud – het onlangs weer hul vriendskapsbande verstewig nadat hulle mekaar lank nie gesien het nie.
Oom Manie is oorspronklik van die Vrystaat, maar het in 1939 saam met tannie Hillie aan Helpmekaar Kollege, waar hul vriendskap ontstaan het, in Braamfontein gematrikuleer.
Albei het na skool onderwys aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waarna hulle gaan skoolhou het. Tannie Hillie was betrokke by verskeie skole aan die Wes-Rand, en oom Manie het na 33 jaar as skoolhoof van Laerskool Horison afgetree. Hy was ook instrumenteel in die eerste jaar van Laerskool Helderkruin se bestaan.
Tannie Hillie het sowat 18 jaar gelede Kaap toe verhuis om naby haar kinders te wees terwyl Oom Manie hom aan die Wes-Rand gevestig het waar hy nog saam met sy vrou in ‘n aftree-oord woon.
Hulle het egter deur die jare kontak behou en nooit van mekaar vergeet nie.
Dié vriende is nog baie aktief in hul onderskeie gemeentes, ten spyte van hul ouderdom en spog ook graag met hul kinders en kleinkinders. Tannie Hillie is ‘n weduwee met twee seuns en ‘n paar kleinkinders, terwyl Oom Manie twee dogters het, waarvan een oorlede is, asook twee kleinkinders.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
