Editor's choiceLocal newsNews

Noordskool gee teddies vir Kersfeesprojek

'n Oorweldigende eerste reaksie op die News se Call of Duty Kersfees-projek.

Die News is oorweldig deur die ongelooflike reaksie van Laerskool Krugersdorp-Noord nadat hulle die artikel oor ons babaprojek, ‘Call of doody’ gesien het.

Die skool het besluit om Vrydag, 11 Augustus ‘n “bring jou teddies vir arm kinders” dag te hou. Leerders moes elkeen ‘n teddie skool toe bring wat hulle aan die News-span oorhandig het.

Danicke Nel, hou haar ‘unicorn’ vir die laaste keer vas.

Met ‘n teddie in die hand het die leerders voor die saal gestaan en gesels terwyl dié voor in die ry van hulle teddies afskeid geneem het en hulle in die kattebak van die joernalis se motor gesit het.

Vir party was die afskeid nogal swaar en ‘n paar Graad 2’s het ‘n traantjie of twee gepink. Een van die kleintjies het gesê, “Baai Fluffy, ek gaan jou baie mis. Hou die arm kinders gelukkig.”

Die leerders het tou gestaan om hulle teddiebere te oorhandig.

Selfs die ouer kinders was emosioneel en het huiwerig hulle Fluffy, Tinky, Mini en Mr Pinkies in die motor geplaas.

Party leerders het tot die uiterste gegaan deur swartsakke vol teddies te bring.

Xavier Guthrie probeer sy sak vol teddies in die kattebak inprop.

‘n Paar baie verligte ouers het ook nader gestaan en gesê dat hulle bly is oor die geleentheid want die kinders se kamers is propvol en daar is nie meer plek vir ‘n muis nie.

Christa Rossouw, skakelbeampte van Noordskool het gesê dat sy ook nie so ‘n goeie reaksie verwag het nie. “Ek het groot vertroue in die kinders gehad, maar sjoe, hulle het so bitter baie gebring.”

Veruschka Groenewald hou haar geskenkpakkie in die lug. Binne-in is daar ‘n teddie.

Dit is ‘n wonderlike eerste reaksie op die News se projek en ons kan nie wag om te sien wie volgende gaan skenk nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button