Editor's choiceLocal newsNews

Hou bene hou!

Dit is meer as maand sedert die Viljoen-broers weggetrek het ten bate van die Child Witness Foundation. Hulle het reeds meer as 900km afgelê.

Op Maandag, 3 Julie het Deon Viljoen, wat destyds vir die Transvaal-rugbyspan uitgedraf het, en sy broer Carel, wat nagenoeg 40 jaar lank ‘n Krugersdorp-inwoner is, hul fietse nader getrek om ‘n 6 000km-reis vir ‘n ongelooflike doel aan te pak.

Deon, 63, en Carel, 65, beoog om vir drie maande al met die grens van Suid-Afrika langs te ry om fondse ten bate van die Child Witness Foundation in te samel.

Deon en Carel Viljoen by Red Sands. Foto ingestuur.

Dit is meer as maand sedert die Viljoen-broers weggetrek het en hulle het al meer as 900km afgelê.

Nadat hulle reeds ‘n paar kleiner uitdagings moes oorkom, is hulle Maandag, 14 Augustus skielik in hul spore gestuit toe die kettingring aan Carel se fiets met die peke kennis gemaak het en chaos veroorsaak het.

“Ek het dadelik geweet dat die skade enorm is en dat ons dit nie langs die pad sal kan regmaak nie, selfs nie eers ‘Carel MacGyver’ nie,” het hy vertel.

Hulle is egter sommer gou gehelp toe ‘n koeltrokdrywer so gaaf was om hulle ‘n geleentheid Upington toe te gee waar die herstelwerk gedoen is.

Nodeloos om te sê, hulle was daarna gou weer op die pad.

Lees die oorspronklike artikel hier: Die Viljoen-broers ry 6000km vir ‘n ongelooflike doel

Die broers bly positief oor die res van hul reis en bevind hulle tans in Pofadder.

Besoek www.cyclecc.co.za om uit te vind hoe jy die Child Witness Foundation of die fietsryers kan ondersteun. Jy kan hulle ook volg op Instagram by @cyclecrosscountry waar gereeld plasings gedoen word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button