Sangers en orkesspelers genooi om deel te wees van Reformasie-vieringe.
Die Protestantse Kerke aan die Wes-Rand, soos in alle ander groter sentrums in die land, het besluit op ‘n gesamentlike herdenkingsgeleentheid.
Die Protestantse Kerke in die wêreld gedenk in Oktober die begin van die Reformasie.
Op 31 Oktober 1571 het Martin Luther 95 stellings teen die Roomse Kerkleer teen die Slotkerk van Wittenberg vasgespyker. Dit was destyds die manier om die publiek tot ‘n openbare diskoers uit te nooi. Hierdie daad van Luther het die begin van die Reformasie van die Protestantse Kerke ingelui. Luther se volgelinge het die volgende jaar tydens ‘n vergadering in Spier die naam ‘Protestante’ gekry.
Die Protestantse Kerke aan die Wes-Rand, soos in alle ander groter sentrums in die land, het besluit op ‘n gesamentlike herdenkingsgeleentheid op Sondag, 29 Oktober om 4nm, voorlopig in die Eeufeessaal by die Krugersdorpse Stadsaal.
Die Nederduits Gereformeerde Kerk, Die Gereformeerde Kerk, die Nederdruitsch Hervormde Kerk en die Afrikaanse Protestantse Kerk werk saam hieraan.
Op Woensdae-aande om 6nm sal ‘n gesamentlike kooroefening in die saal van die Moria Tehuis by die Gereformeerde Kerk Krugersdorp in Premierstraat, Krugersdorp-Noord plaasvind. Enigiemand wat in die koor wil sing is welkom. Kontak Sophie Opperman by 083 651 7674.
Op Donderdaemiddae vanaf 17 Augustus sal ‘n gesamentlike orkesoefening om 4nm in die Musieksentrum van Hoërskool Monument gehou word. Strykers, houtblasers en koperblasers word genooi om deel te wees van die besondere geleentheid. Kontak Esperance de Beer by 082 628 3791.
Vir enige verdere inligting kontak Kobus van Tonder by 082 544 2879.
Die kerkkantore van alle betrokke gemeentes aan die Wes-Rand het ook die nodige inligting.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
