Editor's choiceLocal newsNews

[NET IN]Ongeluk eis seun wat tevore oorleef het en sy oupa

Dié minderjarige seun was ongeveer twee jaar gelede een van die oorlewenes van 'n gru-ongeluk wat ses lewens geëis het.

Dit is met groot hartseer dat talle geliefdes en skoolfamilies ‘n laerskoolleerder onverwags moes groet toe hy en sy oupa Saterdagaand, 19 Augustus in ‘n motorongeluk dood is.

Dié seun was ongeveer twee jaar gelede een van die oorlewenes van ‘n gru-ongeluk wat ses lewens geëis het, insluitend dié van die destydse hoof van die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs, Gunther Bühner. Die seun se ma en vyfjarige suster is ook in die ongeluk dood.

Lees die artikel hier: [BREAKING NEWS] Nic Diederichs principal dies in car crash

Dié voormalige Kenmare-leerder het as gevolg van die ongeluk breinskade opgedoen en was die afgelope tyd ‘n leerder van die Wes-Rand Skool – ‘n skool vir leerders met spesiale behoeftes.

Laerskool Kenmare en Wes-Rand Skool betuig hiermee hul innige meegevoel met Luan se pa en die res van die familie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button