Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

[OPVOLG] Botsing wat oupa en kleinseun eis was reg van voor

Volgens die News se susterkoerant, die Randfontein Herald, was die oupa en sy kleinseun om 7nm op pad na die plaaslike duiweklub toe die botsing plaasgevind het.

Dit is met groot hartseer dat talle geliefdes en skoolfamilies ‘n kind van ongeveer 10 jaar en sy oupa, wat in sy laat 60’s was, onverwags moes groet toe hulle op Saterdag, 19 Augustus in ‘n motorongeluk dood is.

Volgens die News se susterkoerant, die Randfontein Herald, was die oupa en sy kleinseun om 7nm op pad na die plaaslike duiweklub toe die botsing reg van voor in Lazaarlaan in Wheatlands plaasgevind het.

Die toneel ‘n paar uur na die botsing.. Foto: Randfontein Herald.

Volgens ‘n betroubare bron is die man oorlede voordat nooddienste opgedaag het. Die seun het baie ernstige beserings opgedoen en is per ambulans na Lenmed Hospitaal vervoer. Hy sou vandaar na ‘n ander hospital oorgeplaas word, maar is ongelukkig oorlede net voordat ‘n helikopter hom daarheen sou neem.

Lees verder: [NET IN]Ongeluk eis seun wat tevore oorleef het en sy oupa

Die Herald was na die ongeluk op die toneel en het stukke van die motors in die pad sien lê. ‘n Ander motoris het glo aan die Herald vertel dat die oupa en sy kleinseun bekend was in die gemeenskap.

Die toneel ‘n paar uur na die botsing.. Foto: Randfontein Herald.

Dié seun was ongeveer twee jaar gelede een van die oorlewendes van ‘n gru-ongeluk wat ses lewens geëis het, insluitend dié van die destydse hoof van die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs, Gunter Bühner. Die seun se ma en vyfjarige suster is ook in die ongeluk dood.

Meer inligting rakende die botsing is nog nie bekend nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button