Monnas Koor maak reg vir Olimpiese Spele
Die Wêreld Koorspele sal volgende jaar vir die heel eerste keer in Afrika aangebied word, nadat dit al in onder andere in Rusland en Duitsland gehou is.
“Ons is bly om Monnas Koor tot ons 10de Wêreld Koorspele 2018 te verwelkom en ons sien uit na hulle deelname.” Só het die spele-organiseerders, Interkultur in Duitsland bevestig dat Monnas aan die koorspele kan deelneem wat volgende jaar in Tshwane sal plaasvind.
Dit is vir die koor, wat uit 96 lede bestaan, hul tweede hoogtepunt vanjaar nadat hulle vroeër gekies is om aan die finaal van die nasionale koorkompetisie, Sing in Harmonie deel te neem.
Die Wêreld Koorspele sal volgende jaar vir die heel eerste keer in Afrika aangebied word, nadat dit al in onder andere in Rusland en Duitsland gehou is.
Om te kon kwalifiseer vir deelname moes die Monnas Koor opnames van hul musiek instuur sodat dit deur die Interkultur-keurkomitee geëvalueer kon word.
Die koorbegeleidster, Elmarie de Beer en koorleier, Duncan Fourie is geweldig trots op elke koorlid vir hul ongelooflike harde werk en glo dat hul lojaliteit van die afgelope jaar sonder twyfel tot hul sukses bygedra het.
Die Wêreld Koorspele sal tussen 4 en 14 Julie 2018 in Tshwane plaasvind. Inligting oor kaartjies kan verkry word op www.interkultur.com.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
