NewsSchools

Mullies terug by die skool

Nadat Laerskool Muldersdrif die stukke van hul verwoeste eiendom opgetel het, het hulle meer inligting oor die ramp vir die News gegee.

Laerskool Muldersdrif (Mullies) en Laerskool Protearif (Proties) is twee van die eiendomme wat die ergste onder die verwoestende storm twee weke deurgeloop het.

Sedertdien het talle skole van regoor die Wes-Rand, asook ouers en vrywilligers uit hul pad gegaan om soveel moontlik geld in te samel om die skole te herstel. Curro Internasionale Skool het selfs hul harte en deure vir al die Proties-leerders oopgemaak sodat hulle tydelik op hul perseel kan skoolgaan.

Lees ook: IN PHOTOS: Our readers share their images of the devastation on the West Rand

Nadat Laerskool Muldersdrif die stukke van hul verwoeste eiendom opgetel het, het hulle meer inligting oor die ramp vir die News gegee.

Volgens Claudi van Blommestein, Mullies-beheerliggaamvoorsitter het Mogale City Rampbestuur die skool om 6nm op die dag van die storm as onveilig verklaar weens die skade aan die geboue en terrein.

“Ons was dadelik in kontak met ons versekeraars en Dinsdagoggend om 11vm was hul assessor reeds by die skool. Daarna het ‘n strukturele ingenieur die situasie kom evalueer,” het sy vertel.

“Verteenwoordigers van die Gautengse Departement van Onderwys se D2-streek was ook vroeg op die terrein om die skool te ondersteun. Die volgende dag het Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR van Onderwys die skool besoek.”

Lees ook: Laerskool Protearif noodfonds: So kan jy help

Tydens die storm is bome ontwortel, klaskamerdakke afgewaai en klaskamerstrukture deur vallende bome beskadig. Palissades, toegangshekke, grasdakstrukture en parkeerafdakke is deur die krag van die wind omgewaai en het die personeel se voertuie en klaskamers platgedruk.

‘n Uitsig oor die nagevolge van die verwoestende storm. Foto: Facebook.

Sy het verder vertel hoe dankbaar die skool is dat daar geen beserings gerapporteer is nie.

“Die middag van die storm was ons eerstekrieketspan besig met ‘n ligawedstryd teen ‘n besoekende skool. Daar was ook van die spelers se ouers langs die veld. Ons personeel was in die saal vir ‘n opleidingsessie en ons naskoolsentrumleerders was ook nog op die perseel. Ons is werklik dankbaar dat almal oukei is,” het sy vertel.

Die dag na die storm is daar na onderhandelinge besluit is om Nullie Mullies, hul kleuterskool, as ‘n geheel na NG Kerk Muldersdrift se perseel te skuif, danksy die kerk se goedhartigheid.

Die Woensdag was opruimingswerk reeds in volle swang toe personeel, ouers en die gemeenskap, sonder om te huiwer, ingespring en gehelp het.

“Dit het ons in staat gestel om op Vrydag, 13 Oktober weer ‘n terreininspeksie saam met die ingenieur, Mogale City Rampbestuur en die Onderwysdepartement te doen. Die perseel is veilig verklaar, waarna ons al die relevante dokumentasie ontvang het,” het Claudi verduidelik.

Van Dinsdag, 10 Oktober tot Vrydag, 13 Oktober is daar tuiswerk vir leerlinge op hul interne kommunikasiestelsel gelaai om intussen mee aan te gaan.

Op Maandag, 16 Oktober is hul leerlinge van Graad 1 tot 7 met ope arms by hul skool terug verwelkom. Die personeel moes egter verskeie aanpassings maak. Al die Graad 7’s gaan in die skoolsaal skool en by die Graad 4’s tot 6’e wissel die personeel terwyl die leerders in dieselfde klas bly. Lees- en rekenaarsentrums word ook as klaskamers gebruik.

“Ons passievolle personeel het in die week van die storm hard gewerk en beplan om vanaf die 16de ten volle akademies te funksioneer, en elke Mullie- leerder werk saam en maak die ongerief hanteerbaar. Hierdie uitdaging gaan hulle nie onderkry nie,” het sy vertel.

Laerskool Muldersdrif is oorweldig en baie dankbaar vir die ondersteuning wat hulle ontvang het van hul ouers, personeel, Gautengse Onderwysdepartement, rolspelers, belanghebbendes, diensverskaffers, asook die groter gemeenskap.

“Ons kan nie genoeg dankie sê vir almal se ondersteuning, bemoediging, begrip, geduld en hulp in hierdie uitdagende tyd nie – dit word opreg waardeer,” het

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button