Laerskool Protearif het 127 diamanttoekennings by die Raca Kunstefees gekry, ten spyte daarvan dat die skool deur ‘n tornado platgevee is.

Photo: Bianca Pindral.
Ben de Klerk, ‘n Graad 7-leerder was die wenner van die Piano Contemporary- en Piano Classics-kategorie. Milan Blignau, ‘n Graad 2-leerder het ook twee kategorieë, naamlik Piano Own Choice en Vocal Solo gewen. Sy was boonop die algehele wenner in die Creative Work-kategorie.
Verder het Hayley-Jade Viera, Arno Vivier en Angeline Boonzaaier as afdelingwenners weggestap.

Photo: Submitted.
Carli Hoffman, Handro Smith en Mattheus Geldenhuys was graadwenners. Nog ‘n Graad 2-leerder, Leandri Wehmeyer, het die Redenaars Afrikaans-, Dance: Jazz Character Solo-, en Dance: Jazz Straight Solo-kategorie gewen.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
