Editor's choiceNewsSchools

Nories maak lappoppe vir mishandelde kinders

Op Woensdag, 25 Oktober het Hoërskool Noordheuwel (Nories) hul jaarlikse besoek vanaf Matla a Bana - 'n nasionale stem teen kindermishandeling - ontvang.

‘n Plaaslike hoërskool het onlangs amper soos die stel van ‘n kindertelevisieprogram gelyk toe bekende karakters soos Stitch, Harry Potter, Yoda, Olaf en selfs Batman, in die skoolgange rondgedwaal het.

Op Woensdag, 25 Oktober het Hoërskool Noordheuwel (Nories) hul jaarlikse besoek van Matla A Bana ontvang. Die organisasie neem sterk standpunt in teen kindermishandeling en die band tussen hulle en Nories is van onskatbare waarde. Volgens Lizel van Eeden, Matla A Bana-projekbestuurder is die organisasie betrokke by die plaaslike kinderhof en die plaaslike streekshof.

Janine de Kock se leerders het haar weereens verstom. Foto: Alanicka Lotriet.

“Ons gebruik graag speelgoed om deur te dring tot kinders wat in die hof moet verskyn. Wanneer ons byvoorbeeld vir ‘n verkragtingslagoffer iets kan gee, laat dit hulle sommer dadelik waardig voel en dat iemand vir hulle omgee. Ons probeer om dinge vir hulle so gemaklik as moontlik te maak,” het sy vertel.

“Ons hou daarvan om die speelgoed vir die kinders te gee om huis toe te vat, want gedurende hul sessies met die maatskaplike werkers raak hulle vreeslik geheg daaraan – soveel so dat dit vir hulle bitter moeilik raak om dit weer terug te gee.”

Mienke Scholtz met Minnie Muis, Armand Vermaak met die Roomys Emoji en Laurien Stone met Princess Poppy. Foto: Alanicka Lotriet.

Die afgelope drie jaar het Nories se Graad 8’s hul kunstake vir dié ongelooflike doel geskenk. Dié graadgroep maak elke jaar lappoppe as een van hul kunsprojekte. Elke leerders kry materiaal, vulsel en ‘n patroon. Hulle gebruik hul verbeelding om die pop te maak.

“Ek wou iets inbring wat waarde het. Dit gebeur baie dat geassesseerde take sommer net in asblikke beland; ek wou dit stopsit,” het kunsonderwyser, Janine de Kock vertel.

Danica Strydom het hard gewerk aan haar lappop, Ubuntu. Foto: Alanicka Lotriet.

Nories kon vanjaar meer as 360 lappoppe aan Matla A Bana skenk.

“Dit vertel elke jaar so ‘n mooi storie van ‘n kind wat uitreik na ‘n kind. En elke jaar staan ons verstom deur die kinders se besonderse kreatiewe vermoëns,” het Lizel vertel.

Sy glo dat die leerders die goeie beginsel geleer word om uit te reik na ander, en is dankbaar vir Nories se jaarlikse ondersteuning.

 

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button