Editor's choiceNewsSchools

Plaaslike dramagroep blink uit by Raca

Die MyTrix-dramagroep onder leiding van Valma Laubscher het vanjaar se Raca (Randfontein Arts and Culture Association) Eisteddfod op 'n hoë noot afgesluit toe hulle altesaam 37 toekennings verower het.

Twaalf leerders van ‘n plaaslike dramagroep het uitstekend gevaar tydens vanjaar se Raca (Randfontein Arts and Culture Association) Eisteddfod wat in Randfontein plaasgevind het.Die MyTrix-dramagroep onder leiding van Valma Laubscher het dié eisteddfod op ‘n hoë noot afgesluit toe hulle altesaam 37 toekennings verower het – een silwer-, 16 goue-, 17 platinum- en drie diamanttoekennings.

Elané Welthagen straal van trots. Foto: Ingestuur.

“Dit was vir elkeen van hierdie opgewonde lyfies ‘n besonderse ervaring om deel van Raca te kon wees. Dit was vir sewe van die groepie van 12 leerders die eerste keer dat hulle ‘n drama voor ‘n gehoor opgevoer het.

Elkeen van hulle het uiteindelik baie trots en met ‘n groot glimlag daar weggestap en wou weet ‘Wanneer doen ons dit weer?’” het sy vertel.

Bailee Pekema is trots op haar prestasie. Foto: Ingestuur.

Die leerders is van verskeie skole aan die Wes-Rand, insluitend Hoërskool Florida, Laerskool Kenmare, Laerskool Protearif, Wesrand Skool, Khulelekani Primary en Laerskool Krugersdorp-Noord.

Valma het verder vertel dat alhoewel twee van die leerders glad nie Afrikaans of Engels verstaan of praat nie, hulle steeds verskriklik opgewonde is om te leer en voor te dra.

Hier is die presteerders:

• Jeanne Buitendacht van Hoërskool Florida – een diamant

• Catelyn Laubscher – drie platinum en een goud

• Megan Coetzee van Laerskool Protearif – een diamant

• Thato Sebola (voorskool) – een goud

• Tshulo Sebola van Khulelekani Primary – twee goud en twee platinum

• Morne Toerien van Wesrand Skool – twee platinum en twee goud

• Zante Deetlefs van Laerskool Krugersdorp-Noord – een silwer en een goud

• Simone de Bruin van Laerskool Krugersdorp-Noord – twee goud

• Bailee Pekema van Laerskool Krugersdorp-Noord – twee platinum en drie goud

• Elane Welthagen van Laerskool Kenmare se Knikkies – een platinum en een goud

• Pierre Welthagen van Laerskool Kenmare – een diamant, drie goud en twee platinum

• Tenique Laubscher van Laerskool Kenmare – een diamant, vyf platinum en twee goud

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button