Laerskool help haweloses
Elke graad het 'n spesifieke item gekry om skool toe te bring en so het hulle byna 1600 sakkies vir die mense opgemaak.
Pastoor Jakes Joubert, stigter van die Hands of Grace, ‘n uitreikprojek waardeur daar ook ‘n tydelike skuiling vir haweloses en ‘n jeugontwikkelingsentrum in Krugersdorp-Wes op die been gebring is, was oorweldig deur die groothartigheid van Laerskool Kenmare toe hul leerders meer as 1 600 sakkies vol liefde aan hulle geskenk het.
Die doel van die Hands of Grace-projek is om vir hawelose mans, vroue en kinders nie net ‘n tydelike uitkoms te gee nie, maar ook om hulle te bemagtig om hul lewenskwaliteit te verbeter.

Foto: Bianca Pindral
Tydens Kennies se Dankseggingsdiens op die skool se rugbyveld is die sakkies met eetgoed, skoene, koeldrank en toiletware daarin as ‘n liefdesgeskenk in die vorm van ‘n hart uitgepak. Die sakkies is daarna aan Hands of Grace geskenk.
Elke graad is gevra om ‘n spesifieke item skool toe te bring en so kon hulle nagenoeg 1 600 sakkies volmaak.

Foto: Bianca Pindral
Dominee Fralene van Zyl het ‘n treffende boodskap aan die leerders oorgedra en Lisa Combrinck het Amazing Grace in haar engelstem gesing.
In ‘n plasing op Kennis se amptelike Facebook-bladsy staan, “Baie dankie aan al die Kennies vir jul milde bydrae vir Hands of Grace”.
https://www.facebook.com/LaerskoolKenmareAmptelik/videos/938678226279462/
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
