Local newsNews

[MOET KYK] Jonathan besoek Krugersdorp

"Krugersdorpers sal jou altyd verwelkom met groot, sterk arms, maar dis daardie selfde arms wat jou hard sal b@#$@M!"

Hy was al in Randfontein. Hy was al in Carletonville. Hy was tot al in Secunda. Maar weet jy dat hy hierdie week in Krugersdorp was?

Ja, die man van die Oos-Rand met die droë humorsin, Jonathan, het ons dorp besoek en sy kommentaar is heel goed deur die gemeenskap ontvang.

‘n Drieminute-video wys hoe Jonathan die Coronation-dam besoek en die eende jaag, op die skaatsplankbaan rondspeel, en voor die dam staan en praat.

“Vandag is ons by ‘n reus, die reus van die Wes-Rand – Krugersdorp.”

“Krugersdorpers sal jou altyd verwelkom met groot, sterk arms, maar dis daardie selfde arms wat jou hard sal b@#$@M!…” het hy in een greep van die video gesê.

“Vreugde wat die dromme in jou ore kielie.”

Tot dusver is daar meer as 4 000 keer na die video gekyk.

Die video is gemaak deur Huisgenoot kyk hier:

Chantelle Greyling het op Facebook kommentaar gelewer: “Haha at least het die mense van Krugerdorp ‘n sin vir humor; toe hy Secunda gedoen het was daai ooms en tannies baie kwaad en wil hom boikot.”

Bokkie Gerber het lekker gelag vir die vrot mielie wat ook in die video gewys is.

Liezel Bezuidenhout was nie beïndruk nie: “Dit is glad nie hoe ons dorp is nie … wat het hy nou eintlik gewys? Net die afgebrande dwelmhuise …”

Kyk na die video en laat weet die News hoe jy daaroor voel. Stuur ‘n epos na biancap@caxton.co.za of laat ‘n boodskap in die kommentaargedeelte op Facebook.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button