Editor's choiceLocal newsNews

Pakkies in ruil vir dankies

Elke pakkie het 'n bottel sjampoe, 'n pakkie sanitêre doekies, seep, 'n buisie tandepasta met 'n tandeborsel, 'n waslap asook deodorant bevat.

Daar is min dinge mooier as mense wat uit hul pad gaan om die lewe vir iemand anders mooi te maak.

Op Sondag, 15 April het Charlotte Dorfling dié stelling as waar bewys.

Sy, met die hulp van ander gemeenskapslede het dit reggekry om 30 pakkies met basiese toiletware vir vroue in te samel. Dit was vir haar ‘n voorreg om saam met die agtjarige Miss Oxygen Junior Model of the Year, Elenka Terblance dié pakkies aan minderbevoorregte vroue van die Mug and Tree Gemeenskapsentrum te oorhandig.

Elenka Terblance wil ‘n verskil maak. Foto: Ingestuur.

Elke pakkie het ‘n bottel sjampoe, ‘n pakkie sanitêre doekies, seep, ‘n buisie tandepasta, ‘n tandeborsel, ‘n waslap asook deodorant bevat.

Estelle Opperman en Trudie Naudé van Mug and Tree het vertel dat hulle ook verheug was om vir Elenka, wat self ‘n naskoolleerder by Mug and Tree is, te kon help.

Die gemeenskap kan uitsien na nog soortgelyke projekte in die nabye toekoms.

Indien jy belangstel om te help, skakel gerus vir Estelle by 072 456 0669 of vir Charlotte by 082 336 0396.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button