Editor's choiceLocal newsNews

Mug and Tree onder nuwe bestuur

Vyf jaar lank het beide stigters bystand, onderrig, opleiding en voeding voorsien.

Twee vroue, een visie en ‘n gemeenskap in nood. Vasberadenheid het vrugte afgewerp en Mug and Tree Gemeenskapsentrum is ongeveer ses jaar gelede deur die bekwame Estelle Opperman en Trudie Naudé geskep.

Vyf jaar lank het beide stigters bystand, onderrig, opleiding en voeding voorsien aan die minderbevoorregtes in Appelpark en omliggende gebiede.

Estelle Opperman is opgewonde oor Mug and Tree se voortbestaan. Foto: Alanicka Lotriet.

Sowat ‘n jaar gelede het Trudie besluit om die bestuur van Mug and Tree aan Estelle oor te dra nadat sy tot Demokratiese Alliansie-raadslid verkies is. Alhoewel sy as bestuurder teruggestaan het, is sy steeds by die sentrum se welsynsake betrokke.

Die eienaar van die eiendom waarop Mug and Tree bedryf word, het egter onlangs besluit om die eiendom te verkoop.

Anita Schutte gesels oor die sentrum. Foto: Alanicka Lotriet.

“Nodeloos om te sê, die sentrum het nie ‘n kans gestaan om self die eiendom te koop nie. Ons gebede is baie vinnig verhoor toe Krugersdorp se Lettie Fouchè Damesklub tot ons redding gekom het. Hulle het vir ons ‘n nuwe (anonieme) eienaar gekry wat in staat is om die eiendom te koop sodat Mug and Tree dit kan aanhou gebruik,” het Estelle vertel.

Anita Schutte gesels oor die sentrum. Foto: Alanicka Lotriet.

Die nuwe bestuur lyk nou so:

• Besturende Direkteur (voorsitter – finansies): René Dames

• Direkteur (visevoorsitter – eiendom): Anita Schutte

• Direkteur (bemarking): Phil de Wet

• Direkteur (sekretaresse – regsadviseur): Jackie Watts

• Addisionele lid (sentrumbestuurder): Estelle Opperman

“Die eiendom word gekoop sodat Mug and Tree kan voortbestaan – natuurlik onder beskerming van die Lettie Fouchè Damesklub. Ons wil hê die sentrum moet groei sodat hulle kan aanhou met die goeie diens wat hulle vir die gemeenskap lewer,” het René en Anita vertel.

Die sentrum sal steeds hul missie uitleef om minderbevoorregtes te ondersteun en op te hef uit ‘n moeras van armoede om sodoende ‘n trots te ontwikkel en om moed te skep vir die toekoms.

Mug and Tree beoog ook om ‘n babasorgeenheid vir werkende ouers daar te stel en vertrou dat hulle kan voortgaan om ‘n positiewe verskil met die hulp van die nuwe direksie te maak.

As bestuurder doen Estelle ‘n beroep op alle ondersteuners en donateurs van die sentrum. “Die lojale ondersteuning wat ons so sonder grense ontvang, sal steeds opreg waardeer word. Enige skenkings is welkom – van klere tot kos en alles tussenin. Ons sal dit nie kan doen sonder die oop harte van die gemeenskap nie,” het sy vertel.

Indien jy belangstel om te help, of om die nuwe bankrekeningbesonderhede te kry, skakel gerus vir Estelle by 072 456 0669.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button