[OPVOLG] Nagklub reputasie ly skade weens raaiselmoord
'Die nagklub het soveel kliënte verloor omdat mense te bang is om hierheen te kom, en dit kan nie meer so aangaan nie.'
Die News het onlangs berig oor Thinus Coetzee wat nagenoeg vier jaar gelede op 18-jarige ouderdom vermoor is.
Sy liggaam is die Sondagoggend (1 Junie) naby ‘n bekende nagklub in Burgershoop gevind.

Die eienaar van dié nagklub, Wilma Sammons, het onlangs haar kommer uitgespreek rakende die reputasie van Lime Lite Pub and Grill sedert die voorval.
“My naam is onnodig deur die modder gesleep. Mense is onder die indruk dat hy agter Lime Lite gevind is, maar dis nie so nie. Hy is langs ‘n sloot in ‘n oop veld, sowat 200 meter van my besigheid af gevind,” het sy vertel.
Lees meer: OPVOLG: Jong man se liggaam agter nagklub: Moorddossier geopen
Sy het verder vertel dat dit vir haar kommerwekkend is dat mense die voorval met haar nagklub assosieer. Volgens haar is daar ‘n aantal ander besighede wat nog nader aan die misdaadtoneel geleë is as haar eie.

Wilma, wat dié nagklub reeds 14 jaar besit, het vertel dat alhoewel haar onderneming verkeerdelik betrek is, sy steeds die geleenthede ondersteun wat ter herinnering van Thinus gehou word.
Lees ook: Moordsaak na jaar steeds onopgelos
Lees gerus die volle artikel op bladsy 3 in hierdie week (18 Mei) se uitgawe van die News wat Woensdag afgelewer word.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
