[KYK+ FOTO’s] Kliphard Musiekfees skud die dorp
Tydens die fees het honderde aanhangers gedans op die maat van die musiek wat hul gunsteling Suid-Afrikaanse kunstenaars opgedis het.
Was dit ‘n aardbewing? Was dit ‘n donderstorm? Nee – dit was Hoërskool Monument (Monnas) se heel eerste Kliphard Musiekfees wat die hele Krugersdorp van hoek tot kant geskud het.
Tydens die fees op Saterdag, 12 Mei het honderde aanhangers gedans op die maat van die musiek wat hul gunsteling Suid-Afrikaanse kunstenaars opgedis het. Warm komberse, kampstoele, smullekker kos, warm koffie en heerlike geselskap het gehelp om die koue wintersdag nog lekkerder te maak.
“Die aand was ‘n baie groot sukses. Ons vertrou dat almal hulself gate uit geniet het, ten spyte van die koue. Die musiekgroepe self was net so fantasties,” het Monnas-woordvoerder, Constance Strydom vertel.





Loer gerus na nog foto’s in die galery
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
