Familie-avontuur vir die Hories
Almal was vol modder of stof en die glimlaggies het bewys dat die dag 'n groot sukses was.

Laerskool Horison het op Saterdag, 12 Mei, ‘n familie-avontuurdag gehou en die leerders en hul ouers het omtrent pret gehad.
Die pappas kon Hobby Park se 4×4-bane met hulle bakkies aandurf en kon ook saam met hul kinders die Amazing Race aanpak.

Die mammas het glad nie teruggestaan vir die avontuur nie en het al die hindernisse tydens die Amazing Race saam met hul gesinne aangedurf.
Die skool se personeel was op hul pos en het die leerders en hul gesinne op hul hande gedra.

Almal was vol modder en/ of stof en die glimlaggies op die gesigte het bewys dat die dag ‘n groot sukses was.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
