Moeders ontvang helpende hand
Met die hulp van ander ma's in die gemeenskap het die organisasie meer as 50 handsakke ingesamel.
Op Saterdag, 12 Mei het Indingo Helping Hand – ‘n plaaslike liefdadigheidsorganisasie – ‘n heerlike Moedersdaggeleentheid vir ongeveer 50 minderbevoorregte vroue aangebied.
Volgens stigter en organiseerder Anne-Marie Brink is die “bederfdaggie vir mammas en oumas” gehou om hulle te herinner hoe spesiaal hulle werklik is. Met die hulp van ander ma’s in die gemeenskap het die organisasie meer as 50 handsakke ingesamel wat tydens die geleentheid aan dié vroue uitgedeel is.

Dié oggend het selfs die 10-jarige Kylie Erasmus met ‘n glimlag hand bygesit aangesien dit deel vorm van die gemeenskapsprojekte wat sy as Mejuffrou Junior Randfontein moet aanpak.
As deel van die bederfdag het die vroue ook smullekker koeldrank, peuselhappies, sop en vars brood saam geniet.

Indien jy belangstel om op enige manier by te dra tot die organisasie, skakel gerus vir Anne-Marie by 074 092 7139 of vir Demi van Wyk by 062 789 1551.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
