Jeug bederf oumas en oupas
Die jeug se naam beteken nie net om ‘n siel vir Jesus te wen nie, maar ook dat een hand na ‘n ander moet uitreik.
Die jeug van PPK Silverfields, die Eenpluseen-groep, het op Saterdag 12 Mei die bejaardes van Môreglans Ouetehuis tydens hul uitreik bederf.
Die jongmense het vir die bejaardes kniekombersies gegee waaraan verskeie mense in die gemeenskap help hekel en brei het.

Foto: Bianca Pindral.
Tydens die geleentheid is elke inwoner ook bederf met vetkoek en maalvleis, asook ‘n heerlike kolwyntjie.
Die Woord met die tema Jesus se liefde is aan hulle gebring, wat ‘n warmte in elke hart gelaat het.

Foto: Bianca Pindral.
Die jeug van dié kerk gee al die eer aan die Here vir die suksesvolle uitreik. Hul naam beteken nie net om ‘n siel vir Jesus te wen nie, maar ook dat een hand na ‘n ander moet uitreik.
Besoek hul Facebook-blad by https://www.facebook.com/eenpluseen/.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
