Knikkie-kleuters kuier lekker saam met hul mammas
Ongeveer 140 mammas van vyf Graad R- en twee Graad RR-klasse het by die skool bymekaargekom vir die jaarlikse bederfgeleentheid.
Laerskool Kenmare se kleine Knikkies het onlangs hul mammas met ‘n oggend van mooi woorde en pure genot in die vars lug bederf ter viering van Moedersdag.
Ongeveer 140 mammas van vyf Graad R- en twee Graad RR-klasse het by die skool bymekaargekom vir die jaarlikse bederfgeleentheid.

Die oggend is afgeskop met ‘n pragtige motiveringsboodskap deur Yvette Clark. In hul wit hemde, denims en tekkies het die opgewonde kleuters saam met hul mammas aan ‘n pretloop om die B-veld deelgeneem.

Die res van die oggend is heerlik piekniek gehou en smullekker peuselhappies geniet. Elke ma en kleuter het ook saam ‘n vetplantjie geplant wat as die mammas se Moedersdaggeskenk gedien het.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
