Verligting vir Kaapse skole te danke aan Kennies
Laerskool Kenmare is 'n omgee-skool en hulle hou daarvan om aan ander te gee, veral in 'n tyd van nood.
Laerskool Kenmare (Kennies) het onlangs ‘n waterprojek aangepak met die doel om verligting te bring aan twee Kaapse skole, naamlik Laerskool Paarl Gimnasium en Orleansvale Primêr.

Skoolhoof Wouter Immelman het vertel dat hulle dit reggekry het om met die hulp van besorgde Kennie-leerders, hul ouers en ook hul onderwysers 5 000 liter water vir elkeen van die twee skole in te samel.

Hy bedank verder alle leerders en ouers asook Payload (wat hul voertuig gratis beskikbaar gestel het om die water te vervoer) wat met taaie volharding die skenking moontlik gemaak het.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
