Plaaslike sanger Gibbon Graaff is Dinsdag, 26 Junie in die Dr Yusuf Dadoo Hospitaal na ‘n kort siekte oorlede.
Gibbon, wat maar net 35 jaar oud was, is dood weens longontsteking.
Die sanger is alombekend vir sy liedjie God se boemelaar.
Gibbon se kinders is leerders van Laerskool Kenmare. Die skool het op Dinsdag ‘n dubbele tragedie ervaar – ‘n Graad 1-leerder, Adam Clayton, het in ‘n motorongeluk gesterf.
“Laerskool Kenmare wil ons innige meegevoel oordra aan die Graaff-gesin met die afsterwe van Gibbon. Rea, Jhuvann en Wiann, ons hou julle in ons harte en gebede.
Mag julle vertroosting en krag kry in hierdie verskriklike hartseertyd,” was die boodskap op Kenmare se Facebook-blad.
Kyk gerus na Gibbon se musiekvideo hier:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
