Editor's choiceLocal newsNews

Grootste kreatiewe Afrikaanse kompetisie vir leerders en studente

Die Internasionale Afrikaans-Ekspo is ’n opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans.

Is jy as ouer al radeloos oor hoe om die kinders tydens die winterskoolvakansie besig te hou?

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het dan net die oplossing vir jou om hulle kreatief besig te hou. Hulle kan boonop nog lekker pryse wen.

Die Internasionale Afrikaans-Ekspo is ’n opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Tesame met die feit dat dit pret is om deel te neem, word leerders ook gehelp met hulle skryfproses deurdat hulle terugvoering kry van die beoordelaars. Jou kinders kan gratis inskryf vir die kompetisie deur die skakel hieronder te volg.

• Vanjaar se tema is ‘erfenis’.

Erfenis is al omskryf as “dit wat ons geërf het: die somtotaal van die natuurlewe en natuurskoon, plekke van wetenskaplike of geskiedkundige belang, nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur”.

• Wat beskou jy as erfenis?

Albertus de Klerk van Walvisbaai beskou die bloedrooi boontjiekerwer in sy ma se kombuis as sy erfenis.

Die gesin is baie lief vir boontjiebredie en daarom het hy besluit om dié kerwer met sy kamera te verewig. As foto’s dalk nie jou ding is nie, skryf ’n gedig, opstel of dagboekinskrywing oor iets wat jou baie na aan die hart lê, of skilder dit. Daar is sewe kategorieë waarin jy jou kreatiwiteit kan uitleef. Dit sluit in dagboekinskrywings, ’n resensies, ’n opstel, ’n kortverhaal, poësie, fotografie en skilderkuns.

Jy mag in een of meer kategorieë deelneem.

• Wie kan deelneem?

Alle Graad 6- tot 12-leerders en studente in Suid-Afrika en Namibië, asook in enige land ter wêreld waar Afrikaans as moedertaal of nie-moedertaal gebruik of bestudeer word. Ons moedig veral ook studente van Afrikaans-departemente aan universiteite regoor die wêreld aan om deel te neem. Op hierdie wyse sprei Afrikaans sy internasionale vlerke.

Alle inskrywings moet teen 31 Julie 2018 ingelewer wees. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Inskrywing is gratis.

• Wat kan jy wen?

Die wenskool ontvang R10 000 en die algehele wenner wat die uitblinker was en die tema die beste beskryf het, of dit nou deur ’n foto, opstel of gedig was, ontvang die wisseltrofee en R5 000 kontant word vir sy of haar skool gegee.

Inskrywings is by https://ekspo.fak.org.za beskikbaar.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button