Warm boksies vir die koue winter
Elke gas het 'n 'warm boks', 'n paar snoesige gebreide handskoene, asook 'n paar kledingstukke vir die winter ontvang.
Nagenoeg 100 minderbevoorregte vroue is onlangs uit hul sokkies bederf.
Die Mug and Tree Gemeenskapsentrum het onlangs vir ‘n tweede keer vanjaar hul Warm Boksie Oggend aangebied.
Elke gas het ‘n ‘warm boks’, ‘n paar snoesige gebreide handskoene, asook ‘n paar kledingstukke vir die winter ontvang. In die warm bokse was verskeie items soos skeermesse, haarborsels, waslappe, seep en lekkernye.
Volgens sentrumbestuurder Estelle Opperman is die geleentheid moontlik gemaak met die hulp van passievolle gemeenskapslede, Charlotte Dorfling en Mara Swanepoel asook die agtjarige Miss Oxygen Junior Model of the Year, Elenka Terblance.
Die res van die oggend is behoorlik benut met heerlike kolwyntjies, soet tee en lekker geselskap.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
