Emmers vol Liefde hou uitreik saam Harley-groep
Daar is heerlik saam gekuier en elke kind het die geleentheid gehad om op die motorfietse te klim.
Emmers vol Liefde, ‘n plaaslike liefdadigheidsorganisasie, het onlangs ‘n ongelooflike teruggee-oggend saam met lede van die Harley Owners Group (HOG) van Johannesburg gehad.
Vir die laaste twee jaar ondersteun die HOG-lede vir Emmers vol Liefde deur vir hulle komberse vir die winter te skenk.
Marlize Conradie van HOG het die funksie gereël en 70 komberse is geskenk. Die motorfietsryers het op hul Harleys opgedaag en dit het groot vreugde vir die minderbevoorregte kinders en gesinne van Krugersdorp-Wes gebring.
Daar is heerlik saam gekuier en elke kind het die geleentheid gehad om op die motorfietse te klim.
Vir verdere navrae oor die organisasie, skakel vir Betsie by 082 684 9974.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
