Kersfees in Julie vir plaaslike bejaardes
Op Woensdag, 4 Julie was dié sopkombuis versier met balonne, kersbome en natuurlik geskenke van Kersvader.
Deo Gloria Huis het vir die 13de jaar talle minderbevoorregte bejaardes bederf tydens hul jaarlikse Kersfees in Julie geleentheid.
Op Woensdag, 4 Julie was dié sopkombuis versier met ballonne, kersbome en natuurlik geskenke van Kersvader. Volgens organiseerder Maude Breet het ongeveer 20 bejaardes die groen-en-rooi-geleentheid saam gevier.

Met die hulp van verskeie borge het elke bejaarde heerlike sop en vetkoek ontvang, asook smullekker pizza daarna. Hulle is boonop nie met leë hande huis toe gestuur nie toe elkeen kruideniersware, toiletware, serpe, kouse en ‘n pak vol lekkers ontvang het.
Maude het gesê dat die res van die middag gevul was met nostalgiese musiek, vriendelike geselskap en tevrede glimlagte.

Sy bedank graag vir Kammaland Kleuterskool, WM Prokureurs, Schalk Botes Stadsbeplanners en ook die 40’s Klub vir hul insette.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
