Editor's choiceLocal newsNews

Sektor 5 se nuwe bestuur beloof groot omswaai van taak

Die tussentydse komitee sal in beheer wees tot en met April 2019.

Die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum van Krugersdorp het die afgelope twee maande deur ‘n moeilike ty­d gegaan.

Sektor 5 bestaan uit Burgershoop, Krugersdorp-Wes, Boltonia, Oatlands, Delporton en West Village.

As gevolg van ongerymdhede met die sektor se bestuur het meeste van die besta­ande komiteelede bedan­k. Die Krugersdorpse uitvoerende komitee het ingegryp en ‘n tussentydse sektor 5 komitee aangestel.

Coen Espach is aangestel in die oorhoofse posisie aangesien hy vir die afgelope agt jaar die voorsitter van die sektor was.

Die komitee wil aan al hulle lede sowel as die publiek bekle­mtoom dat hulle alles in hulle vermoë sal doen om die beste diens te lewer en die naam van die sektor hoog te ho­u.

Die tussentydse komitee sal in beheer wees tot en met April 2019 wan­neer daar ‘n algemene jaarvergadering ge­hou sal word en ‘n nu­we komitee verkies sal word. Sektor 5 het ‘n WhatsApp-groe­p en indien jy in die sekt­or bly, is jy welkom om jou nomme­r, naam en adres na 072 782 9354 te SMS. Hul Facebook-blad sal ook binnekort beskikbaar wees.

Die tussentydse komitee is soos volg: voorsitter, Morne du Plessis; onder-voorsitter, Martin Geyser; seketaris, Naomi Su­therland; onder-sekretaris Mar­tie Gouws; openbare betrekkinge beampte, Susan de Beer; tesourier, Louise Els, en Coen Espach as voorsitter.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button