Editor's choiceLocal newsNews

Plaaslike Rotary Anns reik uit

Volgens hul president, Minnie Pretorius, samel hulle gereeld fondse in om verskeie projekte te finansier.

Die Rotary Anns van Krugersdorp het onlangs donasies aan verskeie plaaslike liefdadigheidsorganisasies oorhandig as deel van een van hul jaarlikse projekte.

Die Anns is ‘n diensorganisasie wat hul as deel van die Rotariër Beweging ten doel stel om die lewens van minderbevoorregtes te verbeter.

Volgens hul president, Minnie Pretorius, samel hulle gereeld fondse in om verskeie projekte te finansier.
Hulle doen dit deur pannekoek te bak, spyseniering te voorsien vir Rotariër-verwante funksies en hul jaarlikse Bingo-fondsinsamelingprojek.

Gideon van Staden en Rosa van der Merwe is dankbaar vir hul donasies. Foto: Alanicka Lotriet.

Hul hoofprojek is egter die sosiale en maatskaplike versorging van die inwoners van Golden Age Village en Memorial-woonstelle vir bejaardes.
Die Anns was trots om vanjaar op Woensdag, 19 September donasies te oorhandig aan The 9th Day Animal Shelter, Project Hope en Tjokkertjies vir Jesus. ‘n Graad 12-leerder wat ‘n kwalifikasie in maatskaplike werk wil verwerf, sal geïdentifiseer en ook bygestaan word.

Olge Bender ontvang die Tjokkertjies vir Jesus-donasie. Foto: Alanicka Lotriet.

Indien iemand meer wil weet oor die Anns se werksaamhede of graag betrokke wil raak, kan hulle gerus vir Minnie skakel by 072 124 6554.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button