Plaaslike AfriForum Loodsspan word verkies
Vir hul eerste projek is vyf inheemse bome reeds aan Laerskool Kenmare geskenk.
Op Dinsdag, 25 September het belanghebbers by Laerskool Kenmare vergader met die doel om ‘n AfriForum Krugersdorp-tak te stig.
Alhoewel hulle nie die tak kon stig nie omdat die bywoning swak was, het hulle wel ‘n AfriForum Loodsspan aangewys.
“AfriForum se visie is dat Afrikaners sinvol en in vreedsame naasbestaan met ander gemeenskappe, blywend, vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan,” het Elbie Boonzaaier van AfriForum vertel.
Sy het bevestig dat AfriForum se Krugersdorp-tak wel nog geloods gaan word.
Die Loodsspan-lede is as volg:
• Ernest Treurnicht
• Elbie Boonzaaier
• Maryna Steenkamp
• Johann Boonzaaier
• Jaco Steenkamp
• Willem Gouws
Die takbestuur sal binnekort gefinaliseer word. Volgens Elbie beoog hulle om met bestaande strukture en groepe in Krugersdorp saam te werk aan plaaslike gemeenskapsopheffing.
Vir hul eerste projek is vyf inheemse bome reeds aan Laerskool Kenmare geskenk.
Indien jy meer wil weet of wil deel word van die AfriForum-span, skakel gerus vir Dewet by 081 300 6815.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
