AfriForum plant hoop
AfriForum beoog om vanjaar landwyd meer as 2 000 bome te plant.
AfriForum in Krugersdorp het op Vrydag, 28 September vyf bome by Laerskool Kenmare (Kennies) geplant as deel van dié burgerregte-organisasie se Boomplantmaand.
Volgens Dewet Ungerer, AfriForum se Distrikkoördineer vir die Vaaldriehoek en Wes-Rand, beoog die organisasie om vanjaar landwyd meer as 2 000 bome te plant.

AfriForum fokus jaarliks op boomspesies wat algemeen voorkom sowel as boomspesies wat skaars is. Die algemene boom vir 2018 is die opregte geelhout (Podocarpus latifolius), terwyl die skaars boom die grootwitgat (Boscia albitrunca) is. AfriForum moedig dorpe aan om inheemse bome te plant wat in hul omgewings sal aard.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die veldtog betrokke te raak en deel te word van ’n beter en groener toekoms.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
