Plaaslike ruiter maak opslae
Jean-Marie ry reeds die afgelope 14 jaar perd en is dankbaar om haar matriekjaar op so 'n hoë noot te kon afsluit.
‘n Plaaslike ruiter, Jean-Marie Carstens, het onlangs opslae gemaak toe sy as deel van die Gautengspan aan die South African National Equestrian School Association (Sanesa) Interskole Nasionale Kompetisie deelgeneem het.

Die kompetisie het in Kyalami plaasgevind waar dié Hoërskool Monument-leerder ‘n tweede plek in die kategorie Working Hunter op haar perd, Clarentime VTS verower het. Sy het ook saam met Danika Robson (Span Monnas) ‘n derde plek in Handy Hunter verwerf. Daarna het sy met ‘n sesde plek in Equitation weggestap.
Sy het tydens die Monnas-prysuitdeling kleure ontvang vir beide Ruitersport – Gautengspan-deelname en vir Spankaptein. Jean-Marie het boonop die prestasietoekenning vir Ruiter van die Jaar ontvang.
Dit volg nadat sy twee keer die victor ludorum by die Spring Fair in 2016 en Tag en Togs President’s Cup in 2017 op Duke of Kent en Caligula gewen het.
Jean-Marie ry reeds die afgelope 14 jaar perd en is dankbaar om haar matriekjaar op so ‘n hoë noot te kon afsluit.
Alhoewel sy nie meer aan interskoleruitersport kan deelneem nie, wil sy in die toekoms graag aan soortgelyke kompetisies buite skoolverband deelneem.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
