Dis hoe dit was – Jannas se 1988-matrieks
Ongeveer 50 ou skoolmaats het vir 'n derde maal lekker saam gesels oor die herinneringe en snaaksighede van destyds.
Hoërskool Jan de Klerk se matrieks van 1988 het onlangs by die Krugersdorp Gholfklub bymekaar gekom.
Volgens organiseerder Michiel Simons hou hulle elke 10 jaar reünie.
Dié een, hul 30ste, is een Saterdag in Oktober gehou en het alle verwagtinge oortref. Ongeveer 50 ou skoolmaats het vir ‘n derde maal lekker saam gesels oor die herinneringe en snaaksighede van destyds.

“Dis vreeslik lekker om die ou gesigte te sien en in kontak te kom met ou vriende. Ons geniet dit ook om saam te kuier omdat ons mekaar al so lank ken. Ek is bly om te sê dat almal dit weereens baie geniet het,” het Michiel vertel.

Die middag was daar ‘n heerlike spitbraai, Skotse vermaak en lekker geselskap.
“Ons sal heel waarskynlik ‘n 35ste reünie hou en ek sien uit om almal weer daar te sien,” het Michiel ten slotte vertel.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
