Local newsNews

Lappoppe van een kind na ‘n ander

Die groep leerders skenk elke jaar een van hul kunsprojekte – handgemaakte lappoppe – aan Matla A Bana.

Ongeveer 430 Graad 8-leerders van Hoërskool Noordheuwel het weereens hul kreatiwiteit en naaldwerkvernuf vir ‘n baie goeie doel ingespan.

Die groep leerders skenk elke jaar een van hul kunsprojekte – handgemaakte lappoppe – aan Matla A Bana. Die organisasie neem sterk standpunt in teen kindermishandeling. Vanjaar was karakters soos Mr Bean, Princess Poppy, Tinkerbell en Olaf onder die groot getal lappoppe wat aan die organisasie geskenk is toe verteenwoordigers die skool vir die vierde keer vanjaar besoek het.

Nicole van Rensburg het ‘n pragtige Princess Poppy gemaak. Foto: Alanicka Lotriet.

Elke leerder kry materiaal, vulsel en ‘n patroon. Daarna gebruik hulle hul verbeelding om die poppe te maak. Graad 8-kunsonderwyser, Janine de Kock het vertel dat sy graag iets wou begin wat waarde het, aangesien geassesseerde take dikwels te maklik in asblikke beland.

Volgens Lizel van Eeden, Matla A Bana-projekbestuurder is die organisasie betrokke by die plaaslike Kinderhof en Streekhof.

Sy het verduidelik dat meeste verkragtings voorkom by dogters tussen die ouderdom van agt en 12. Dié lappoppe sal in die troospakkies geplaas word wat aan die slagoffers gegee word.

Lizel van Eeden en Janine de Kock is in hul skik met die pragtige lappoppe. Foto: Alanicka Lotriet.

Lizel beoog om die pakkies gedurende die 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders van 25 November tot 10 Desember gereed te kry.

Matla A Bana is baie dankbaar vir nog ‘n jaar se ondersteuning en glo dat dié poppe sommer baie gesiggies sal laat ophelder.

Indien jy wil help, of meer wil weet, skakel gerus vir Lizel by 073 171 1031.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button