Local newsNews

[KYK] Is Lisa die volgende Adéle? Kyk en besluit vir jouself …

Laerskool Kenmare se Lisa Combrink het ongeveer ses jaar gelede haar sangtalent ontdek.

‘n Doodgewone rit van haar ouma af, terwyl sy saam die radio sing, het vir ‘n 13-jarige die begin van iets groots geword.

Haar ouers het daar en dan besluit om haar na ‘n stemafrigter te neem om te hoor of haar stem enige potensiaal het.

Dit is waar Laerskool Kenmare (Kennies) se Lisa Combrink ongeveer ses jaar gelede haar sangtalent ontdek het.

Lisa Combrink is die volgende Adele. Foto: Alanicka Lotriet.

Die nuus was positief en sy het twee jaar lank afrigting ontvang om haar stem te laat ontwikkel. Haar droom was egter gou in gevaar toe sy nodes (knoppies) aan haar stembande ontwikkel het.

Na die operasie en herstelperiode het sy aan een van Kennies se talentkompetisies deelgeneem en die sangafdeling gewen. Haar stem het egter ‘n krapperigheid ontwikkel wat een van die nagevolge van die nodes was.

Sy het eers aan die begin van verlede jaar weer aan kompetisies begin deelneem. Dié kompetisies het haar voorberei om aan Sacopa (South African Championships of Performing Arts) deel te neem waar sy vyf goue-, drie silwer- en twee bronsmedaljes ontvang het.

Dié uitmuntende prestasies het haar in staat gestel om aan die World Championships of Performing Arts deel te neem wat in Las Vegas plaasgevind het. Daar het sy in ses kategorieë meegeding en drie medaljes verower – brons vir Rock, silwer vir Jazz en goud vir Rap.

Sy het daarna twee liedjies in ‘n ateljee opgeneem. Die eerste een is Chasing Pavements van Adele en die tweede is die legenda- riese The Show Must Go On van Queen. Kyk hier:

Sy skryf ook haar eie lirieke wat sy later in oorspronklike liedjies wil omskep en sing. Lisa wil graag internasionaal as kunstenaar erkenning kry, en haar rolmodelle is kunstenaars soos Taylor Swift, Adele, Ed Sheeran en Kelly Clarkson. Dié talentvolle leerder wil selfs later haar eie parfuum- en klerereeks bekendstel.

‘n Blink toekoms wag vir Kennies se Lisa. Hou haar gerus dop, maar wel onder haar verhoognaam Lisa Taylor.

Om Lisa se volledige artikel te lees, maak seker dat jy hierdie week se uitgawe van die News in die hande kry.

Alternatief kan jy die koerant ook aanlyn lees, kliek hier.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button