Local newsNews

Cradle of Hope-vroue vertel storie van oorlewing op RSG

Die vroue en 'Grace'-dogters van Cradle of Hope sal gedurende die volgende twee weke hul verhale van mishandeling en molestering op RSG vertel.

Die 16 Dae van Aktivisme teen Vroue- en Kindermishandeling-veldtog het hierdie week landswyd begin.

Vanjaar se tema is #HearMeToo hashtag wat vroue en kinders aanmoedig om na vore te kom en hul verhale te vertel.

In samewerking met RSG het verskeie vroue van The Cradle of Hope reeds begin om hul verhale op die lug te vertel.

Die Cradle gee gereeld huisvesting aan desperate vroue en kinders en verskaf aan hulle ‘n veilige hawe, kos en professionele berading.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/krugersdorp-news/330147/renewed-hope-for-the-cradle-of-hope/

Van 26 November tot 11 Desember sal daar daagliks een of twee van die 12 tot 15 vroue op RSG praat oor die probleme wat hulle ervaar het, wat wissel van mishandeling en molestering tot verkragting en die gebrek aan beskikbare hulp.

Die sogenaamde ‘Grace’-dogters sal hul verhaal vertel. Grace is die algemene skuilnaam wat by die Cradle of Hope aan die minderjarige meisies gegee is om hul identiteite te beskerm.

“Al die vroue wat op lug gehoor gaan word, sal anoniem bly,” het Melodie van Brakel, stigter van die sentrum gesê.

Die 16 dae-bewusmakingsveldtog sluit aan by die internasionale #timesup- en #metoo-bewegings wat standpunt inneem teen seksuele mishandeling en teistering. Dié bewegings het reeds daartoe gelei dat duisende vroue maandeliks hulle stories op Twitter vertel, selfs jare nadat dit gebeur het.

Skakel gerus daagliks om 7.10vm, en gedurende die res van die dag op RSG in om na die vroue se verhale te luister.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button