Hoërskool Bastion se heel eerste ‘Colour Fun Run’ 4km-pretloop het onlangs plaasgevind en talle deelnemers van alle ouderdomme is op ‘n uitdagende roete reg rondom die skoolgronde geneem.
By die eindpunt van die roete is die nagenoeg 500 toegewyde deelnemers met alle denkbare kleure poeier bestook. Leerders was opgewonde toe onderwysers soos Lynette Jonker en Karin van Greuning die pad saam met hulle aangedurf het.
Alhoewel dit ‘n strawwe paar kilometer was, het die meeste deelnemers enduit volgehou, en boonop te kenne gegee dat hulle dit graag weer sal doen.
Volgens organiseerder Wessel van der Westhuizen van Bastion was die geleentheid ‘n fondsinsameling vir volgende jaar se groentjiekonsert.
Om na nog foto’s van die geleentheid te kyk, kliek hier
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
