Randfontein High School (RHS) skep al vir die afgelope nege jaar ‘n geleentheid vir leerders om aan die Randfontein Arts and Culture Association (Raca) Eisteddfod deel te neem.
Laerskool Protearif (Proties) het daarin geslaag om hulself weereens te oortref met uitsonderlike prestasies tydens dié gesogte kunswedstryd.

Hulle spog graag met drie groepe wat as afdelingwenners aangewys is. Hulle is die Graad R Koor, die Senior Spreekkoor en die A-Capella Koor.
Proties is verder trots op 15 afdelingwenners. Boonop spog hulle met Megan du Plessis wat deel is van die Raca Diamantklub en Sharné Schutte wat ‘n algehele wenner is en deur Talent Africa haar Gauteng-kleure vir Kreatiewe Kuns ontvang het.
Joey Burger van Proties bedank graag die toegewyde onderwysers en afrigters wat jaarliks help om talle drome ‘n werklikheid te maak.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
