Local newsNews

Genoeg skole sou leerders in Gauteng nie gestrand gelaat het nie

"Indien Lesufi die afgelope vyf jaar toegesien het dat genoeg skole in die provinsie gebou word, sou hierdie leerders nie nou gestrand gewees net nie."

Sestienduisend leerlinge in Gauteng het op 9 Januarie sonder ‘n heenkome gesit nadat die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, aangekondig het dat daar nie genoeg plek vir leerders in skole is nie.

Volgens mediaberigte is die 16 000 leerders nie geplaas nie omrede hierdie aansoekers nie op aanbiedinge van die provinsiale departement gereageer het nie. Alhoewel van hierdie leerders betyds aansoek gedoen het, het hulle nou hul reg verbeur om by die skool van hul keuse geplaas te word.

“Die VF Plus in Gauteng beskou hierdie aankondiging as niks anders as ‘n skande en algehele laksheid van Lesufi en sy departement nie. Indien Lesufi die afgelope vyf jaar toegesien het dat genoeg skole in die provinsie gebou word, sou hierdie leerders nie nou gestrand gewees net nie. Hierdie is nou die gevolg van verskeie waarskuwings van die VF Plus die afgelope tydperk dat Gauteng se onderwys in ‘n krisis gedompel is en dat ‘n onafhanklike oudit gedoen sal moet word om te bepaal of Lesufi en sy departement wel die hoeveelheid skole opgerig het en dat hulle wel operasioneel is soos hy gereeld spog,” het Philip van Staden, VF Plus Lid van die Provinsiale (Gautengse) Wetgewer gesê.

Van Staden het gesê Lesufi moet die blaam dra dat leerders moontlik nie ‘n behoorlike opvoeding sal kan ontvang nie. Hierdie tragedie is die uitvloeisel van sy konstante politieke inmenging in skole om sy politieke agenda te dryf in plaas daarvan dat hy as LUR sy volle aandag bepaal by die werksaamhede van sy departement en die oprig van genoegsame skole.

In November 2018 het Lesufi aangekondig dat sy departement sedert 2014, 54 nuwe skole gebou het terwyl hy self in Augustus 2018 gesê het 47 is gebou. Sy departement het in Januarie 2018 gesê dat slegs 42 gebou is.

“Die VF Plus sal aanhou om Lesufi verantwoordbaar te hou vir sy dade en sal nie skroom om hierdie wanpraktyke van hom en sy departement uit te lig nie.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button