Hoof van drie organisasies is vol ywer
Mareli de la Hunt van der Merwe oortref alle verwagtinge met al haar gemeenskapsprojekte, maar niemand sal verbaas wees as sy selfs meer aanpak nie.
Mareli de la Hunt van der Merwe is tans die hoof van drie groot gemeenskapsorganisasies, en is hard aan die werk om elkeen top status te laat bereik.
Mareli woon die grootste deel van haar lewe in Krugersdorp. Sy was in Laerskool Krugersdorp-Noord en het haar skoolloopbaan by Hoërskool Monument voltooi. Sy en haar man het wel vir sewe jaar in Triomf gewoon waar hulle ‘n Mr Delivery-onderneming besit het. Hulle was al te bly om weer terug te verhuis Wes-Rand toe.
Toe haar eerste twee kinders volwasse geword het, het Mareli besluit dat sy weer ‘n uitdaging nodig het.
Sy het aansoek gedoen om die pos as assistent by die Robert Palk Sentrum vir Bejaardes en het net ‘n paar maande daar gewerk voordat sy aangestel is as bestuurder. Sy is tans bestuurder van die Raad vir die Sorg van Bejaardes, sy is projekleier by House Jade en was voorheen tesourier vir die kinderbeskermingsorganisasie.
In 2016 is Mareli genooi om by die Rotariërklub aan te sluit, en het in Julie verlede jaar hul president geword.
“Gewoonlik verkies die Rotariërs elke jaar ‘n nuwe president sodat daar altyd nuwe idees in die klub kan wees, maar ek sal in Julie vanjaar met my tweede termyn begin,” het Mareli gesê.
Mareli en die Rotariërklub is gereeld besig met talle gemeenskapsprojekte, en bestuur die Golden Age Villiage en Memorial-woonstelle vir bejaardes. Hulle help ook baie ander organisasies met hul projekte.
In Mei sal daar ‘n loopbaandag vir sowat 8 000 skoliere aangebied word.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
