Local newsNews

Familie ontsteld nadat broer amper in die verkeerde graf begrawe is

'n Plaaslike familie is verpletter. Hulle moes 'n broer aan die dood afgestaan en hy is boonop amper in die verkeerde graf begrawe. Dit is blykbaar nie die eerste keer dat so iets gebeur nie.

‘n Familie van Krugersdorp wou op ‘n gepaste manier afskeid neem van ‘n geliefde, maar moes bykans twee uur wag omdat die verkeerde graf oopgemaak is.

‘n Duidelik ontstelde Anna Swanepoel vertel dat haar broer, die 52-jarige Marthinus Erasmus op 17 Februarie siek geword het terwyl hy by familie gekuier het. Hy is in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria opgeneem is.

Brommer, soos almal hom genoem het, is eers ‘n week later op 22 Februarie gediagnoseer. Hy het ‘n obstruksie in sy derm gehad en dokters het laat weet dat hulle ‘n noodoperasie moes uitvoer. Hy is egter die volgende dag oorlede voordat die operasie uitgevoer kon word. Vir dié familie was dit egter nog net die begin van hul hartseer.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/krugersdorp-news/307701/nalatigheid-of-n-onskuldige-oepsie-2/

Twee jaar gelede is Anna se ander broer, Frans Erasmus, oftewel Apie, oorlede aan emfiseem. Hy is in die Sterkfontein Begraafplaas in ‘n dubbelgraf begrawe.

Die familie het besluit om Brommer bo-op Apie te laat begrawe omdat hulle reeds die dubbelgraf gehad het.

Maria Oosthuizen, nou 71 jaar oud, het op die stoel gaan sit en toe gesien dat die kruis wat sy op haar seun se graf geplaas het twee grafte verder geplant was.

Hulle is gevra om huis toe te gaan en later terug te kom, maar het besluit om te sit en wag. Twee uur later is die verkeerde graf weer toegegooi en die regte graf is oopgemaak.

Mogale City Plaaslike Munisipaliteit is genader en volgens die terugvoering wat hulle aan die News gestuur het, word daar 1 500 begrafnisse per jaar by die Sterkfontein-begraafplaas behartig. Voorvalle soos dié maak maar twee persent van hul data per jaar uit. Hulle is seker dat hul dokumentasie 98 persent akkuraat is en dat hul sisteem die korrekte grafrekords verseker. Hierdie insident was volgens hulle ‘n menslike fout en hulle loof die werknemers in die begraafplaas dat hulle verantwoordelikheid aanvaar het en die probleem na die beste van hul vermoëns probeer oplos het. Hulle beskou hierdie navraag as van ‘n operasionele aard wat eerder aan die verantwoordelike departement gerig moes word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button