Local newsNews

[WEN] Musiek agterop ‘n bakkie

Die bekende pianis, Rocco de Villiers het onlangs sy nuutste musiekvideo in Kromdraai kom skiet.

Rocco de Villiers, die bekende kortbroekpianis, het onlangs weer ‘n bietjie aan die Wes-Rand kom kuier.

Dié keer was dit om die musiekvideo vir sy nuwe liedjie Wat om te dra agter op ‘n bakkie te skiet.

Benewens pianis is Rocco ook ‘n komponis en vervaardiger, en maak al jare lank pragtige musiek vir sy Suid-Afrikaanse gehore.

Rocco de Villiers tydens die skiet van sy nuutste musiekvideo. Foto: Verskaf.

In die musiekvideo, wat begin met ‘n toneel aan die onderkant van ‘n berg waar ‘n silwer Ford Ranger met ‘n pienk klavier daarop staan, lewer hy ‘n huldeblyk aan hierdie anderste mense, soos Liberace met sy groot pelsjasse en Freddy Mercury met sy kroon. Rocco het verduidelik dat die video vol kleur gaan wees met nog ‘n paar uitspattige uitrustings.

“Ek het al tevore in hierdie landskap geskiet en ek hou daarvan. Ek wou ‘n plaaspad maar ook ‘n tipe woud hê,” het hy verduidelik toe die News-joernalis gevra het hoekom hy juis dié omgewing gekies het.

WEN WEN WEN

Die musiekvideo sal oor nagenoeg ‘n maand te koop wees maar groot aanhangers van Rocco se musiek kan ‘n kans staan om een van drie CD’s te wen. Beantwoord net die volgende maklike vraag en stuur jou naam en kontaknommer na krugersdorpnews@caxton.co.za.

• Wat is die kleur van die klavier wat in Rocco de Villiers se nuutste musiekvideo gebruik word?

Gaan kyk gerus ook in November na Rocco se vertoning in die Roodepoort Teater.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button